11.07.2008

Toetsmodelle waarmee onlangs gery is


Motortydskrif het onlangs die lang pad met Nissan se nuwe X-Trail gevat om dit onder meer in die dik sand van die Kalahari te gaan ry.

Soos sy voorganger, het dié nuweling ook beïndruk en is veral die rygehalte van die voertuig op teer en grond as van sy beste eienskappe beskryf.

In ons volgende uitgawe op 25 Julie 2008 word volledig oor dié voertuig berig. *As plaasvervanger van die Toyota Camry het die Avensis, wat sowat twee jaar gelede op die plaaslike mark verskyn het, reeds sy merk gemaak.



Indongo Toyota op Walvisbaai het onlangs weer die model met sy 2.2 liter- D-4D-turbodieselenjin aan ons beskikbaar gestel om ’n paar dae daarmee te ry.

In ons volgende uitgawe gee ons indrukke van ons ervaring agter die Avensis se stuurwiel.