11.12.2009 Polo aangewys as Europa se Motor van die jaar
VOLKSWAGEN se nuwe Polo wat in Februarie in Suid-Afrika bekendgestel word, is as Europa se Motor van die Jaar aangewys. Dis die eerste Volkswagen sedert 1992 (en die Golf 3) wat dit kon vermag. Die Polo het veral met sy moderne enjinreeks beïndruk.
Die Polo BlueMotion se verbruik van 3.3 liter/100 km is die beste ter wêreld onder vyfsitplek voertuie. Sedert die motor se internasionale debuut in Mei vanjaar is meer as 130 000 eenhede verkoop. Regterstuur-modelle van drieen vyfdeur Polo’s word in VW se aanleg in Uitenhage gebou.
Einde vanjaar sal 19 000 eenhede reeds uitgevoer wees en volgende jaar sal lande soos Brittanje, Australië en Nieu-Seeland 55 000 eenhede van Suid-Afrika ontvang.
News24
|