11.07.2008

Na drie jaar gedy Namib Motor World aan kus


Me. Ansie Niemann
NAMIB Motor World, wat die afgelope drie jaar op Walvisbaai gevestig is, het ’n paar maande gelede sy eie gebou betrek en ook sy groot reeks nuwe voertuie uit die stal van Associated Motor Holdings (AMH) vergroot met ’n volledige reeks motorfietse en bromponies. Die Big Boy-reeks bied puik produkte wat ’n groot verskeidenheid rygoed as alternatiewe en goedkoper vervoer bied.

Kwadfietse en Side by Side-”bakkies” wat ook in ’n 4x4-formaat verkrygbaar is, maak voorts deel uit van die reeks van Big Boy. Me. Ansie Niemann, wat saam met haar man Henrei mede-eienaar van Namib Motor World is, sê die onderneming is die afgelope drie jaar goed gevestig en ’n hegte venMotortydskrif het onlangs die lang pad met Nissan se nuwe X-Trail gevat om dit onder meer in die dik sand van die Kalahari te gaan ry.

Soos sy voorganger, het dié nuweling ook beïndruk en is veral die rygehalte van die voertuig op teer en grond as van sy beste eienskappe beskryf. In ons volgende uitgawe op 25 Julie 2008 word volledig oor dié voertuig berig.

*As plaasvervanger van die Toyota Camry het die Avensis, wat sowat twee jaar gelede op die plaaslike mark verskyn het, reeds sy merk gemaak. Indongo Toyota op Walvisbaai het onlangs weer die model met sy 2.2 liter- D-4D-turbodieselenjin aan ons beskikbaar gestel om ’n paar dae daarmee te ry.

In ons volgende uitgawe gee ons indrukke van ons ervaring agter die Avensis se stuurwiel. nootskap is met ’n groot groep lojale kliënte opgebou. “Dis vir ons belangrik om die spreekwoordelike eksta myl te stap saam met diegene wat ons produkte koop.

Dienslewering op alle vlakke, maar veral na-verkope is vir ons belangrik en daarom poog ons voordurend om op die voorpunt te bly van vernuwings, nuwe rekenaartoerusting en sagteware vir ons administrasie en werkswinkel.

Alle dank ook aan die voortgesette ondersteuning van ons kliënte, waarsonder ons nie die onderneming suksesvol kon bedryf nie,” het sy aan Motortydskrif gesê. Tydens ’n vorige besoek aan die onderneming nadat hulle nog net ’n jaar op die hawedorp gevestig was, het mnr. Niemann gesê deel van die onderneming se sukses is die groot verskeidenheid nuwe voertuie wat Namib Motor World aan inwoners van die omgewing aanbied.

“Ons wou aan hulle wys dat daar alternatiewe is vir die bekende modelle waaraan hulle gewoond is en ook dat dié voertuie wat gehalte betref, net so goed is. Daarmee saam bied ons die rugsteun van ’n puik werkswinkel wat ons naverkopedienste op ’n professionele wyse uitvoer,” het hy toe gesê.

Dit is steeds die geval en Hyundai, Kia, Renault, Daihatsu, Citroën en Tata vorm deel van die fabrikate wat hulle aan kopers bied. Mahindra se reeks Scorpioen Bolero-voertuie is nou ook deel van hul aanbieding. Die kan by die onderneming se tak op Swakopmund besigtig word, maar reëlings kan volgens me. Niemann getref word om dit ook by Walvisbaai se vertoonlokaal te doen.