11.07.2008

Midgets ry weer


Die Windhoek Motorklub (WMK) het vanjaar weer ’n afdeling vir midget-voertuie op sy wedrenplan geskeduleer. Altesaam vyf van dié voertuie is ’n puik toestand en opwindende renne kan met die volgende ovaalbaanbyeenkoms aanstaande Saterdag (19 Julie) verwag word. Renjaers van die Windhoek Motorklub (WMK) wat vanjaar in die klas vir midgets op die ovaalbaan gaan meeding, is v.l.n.r. Tolla Botha, Louwtjie Louw, Neels Koeglenberg, Basie Engels en Albert van Zyl.