Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

22.07.2010

Handelaars beloon vir motorskou-sake

© Deon Eysele
Vier van die verkoopslui van motorhandelaars wat as die top vyf verkopers uitgesonders is vir die meeste goedgekeurde verkoopstransaksies tydens die Bank Windhoek-Republikein-motorskou is v.l.n.r. Pierre Sowden (Autohaus Windhoek), Sandra Blaauw (Bank Windhoek), Cindy Labuschagne (Hyundai), Esther Senekal (Spes Bona Motors), Steve Kahikumunu (Zimmermann Garage) en Christo Smith (Bank Windhoek). Leoni van Zyl van Auas Motors was nie teenwoordig nie.

VERKOOPSPERSONEEL van verskeie motorhandelaars is deur Bank Windhoek beloon met ‘n wegbreeknaweek vir die goeie saketransaksies wat hulle vir die bank tydens die onlangse Bank Windhoek-Republikein-motorskou ingebring het.

‘n Groei van minstens 50 persent op transaksies teenoor sake wat verlede jaar by dieselfde geleentheid gedoen is, was vanjaar tydens die Bank Windhoek-Republikein-motorskou die oes van Bank Windhoek. Die uitvoerende afdelingshoof: spesialisfinansiering van die instelling, mnr. Chris Matthee, het by die geleentheid waar hy die wenners bekendgemaak het, gesê vanjaar se motorskou was by verre die suksesvolste.

“Alle verwagtinge is oortref wat beteken dat toekomstige mikpunte nou net weer soveel hoër gemaak sal moet word. Die ongelooflike besigheidsgroei van 50 persent wat die motorskou teenoor die vorige jaar opgelewer het, is dus nie net ‘n goeie prestasie vir ons as bank nie, maar ook ‘n welkome hupstoot vir die motorbedryf in geheel,” het hy gesê.

Volgens mnr. Matthee is hulle ook hoogs tevrede met die wyse waarop motorhandelaars by die motorskou ingekoop het. Om dié rede het hulle besluit om die vyf verkoopsverteenwoordigers wat die meeste goedgekeurde transaksies gedurende die motorskou beklink het, met ‘n wegbreek naweek vir twee te bederf.

Oor die toekoms van die Bank Windhoek-Republikein-motorskou, was hy ook baie ernstig dat dit hul strewe is om voort te bou aan die opwaartse kurwe.

“Ons kyk voortdurend na dit wat werk en die aspekte waarop ons nog kan verbeter. Daarvoor het ons insette uit die motorhandel nodig en het juis reeds met ‘n meningspeiling by handelaars begin. Daarmee hoop ons om voorstelle te kry om die volgende motorskou nog beter te maak,” het hy gesê.