11.07.2008

Handelaar skud vere reg vir nuwe aansig


Mnr. Willie Schoeman
STECKELS Toyota op Swakopmund is sover bekend die oudste, gevestigde Toyotahandelaar in die land en lewer reeds vir die afgelope 45 jaar ’n volledige diens aan kliënte. Met ’n gemiddelde verkoopsyfer van sowat 25 nuwe voer- tuie per maand is dit ook een van die suksesvolste handelaarskappe van Toyota in die land.

Die handelaarshoof van Steckels Toyota, mnr. Willie Schoeman, het tydens ’n onderhoud aan Motortydskrif gesê mynbou-aktiwiteite in die omgewing en die algemene groei van die sakesektor op Swakopmund word in die motorhandel weerspieël. “Sedert ek tien jaar gelede by Steckels aangesluit het, het ons gemiddelde verkope van 1,75 nuwe voertuie per maand gegroei tot die huidige sowat 25 per maand.

Ons verkoop ook gemiddeld tien gebruikte voertuie per maand. “Ses jaar gelede het ons die groter en meer moderne gebou betrek waarin ons tans gehuis- ves is. In daardie stadium het ons ook aangepas by Toyota se hoë voorgeskrewe standaard van algemene aansig van die gebou, dienslewering en toerusting,” het mnr. Schoeman vertel.

Die onderneming is tans opnuut besig om gestalte te gee aan Toyota se nuwe voor- skrifte vir sy “New Concept” om hul fasiliteite te moderniseer en uit te brei. “Ek is baie opgewonde oor die voorsuitsigte van ’n totaal nuwe aansig en uitleg van ons gebou. Dit sal nie net die este- tiese waarde verhoog nie, maar sal die vloei van werksaamhede, veral die werkswinkel aansienlik vergemaklik,” het hy verduidelik.

Die algemene uitleg van die vertoonlokaal en aansig van die handelaarskap gaan binne die volgende paar maande teen groot koste gemoderniseer word.
Volgens mnr. Schoeman, wat pas ’n nuwe en uitgebreide rekenaarstelsel laat installeer het wat Steckels in verbinding plaas met alle ander Toyotahandelaars en die fabriek in Suid-Afrika, is argitekte volstoom besig met die planne van die nuwe aansig en ander veranderinge.

Hy hoop dat dit teen Augustus of September vanjaar goedkeuring sal kry waarna onmiddellik met bou- werk begin sal word. Die verandering sal na verwagting net meer as N$1 miljoen kos. Een van die redes waarom Steckels besluit het om Toyota se nuwe konsepplan so gou moontlik in te stel, is om beter vloei deur die werkswinkel te kry.

Steckels Toyota op Swakopmund is reeds 45 jaar gelede as ’n Toyota-handelaarskap in Namibië gevestig.
Volgens mnr. Schoeman hanteer hulle gemiddeld 30 voertuie per dag, hul volle kapasiteit, in die werkswinkel. “Die vraag is groter en daar- om wil ons voorsiening maak om minstens agt tot tien meer voertuie per dag te akkommodeer,” het hy verduidelik. Goed opgeleide tegniese personeel maak deel uit van Stec- kels se personeelkorps.

Volgens mnr. Schoeman is dit noodsaaklik dat veral tegniese personeel moet byhou met die tegnologiese vordering met betrekking tot voertuie. Toyota verplig handelaars om personeel voordurend op opknappingskursusse te stuur en ook om op die hoogte te bly met alle nuwe modelle wat op die mark kom. Sagteware word ook gereeld teen groot koste opgradeer.

“Dit is vir individuele en pri- vate werkswinkels byna on- moontlik om tred te hou met opleiding, die aankoop van rekenaartoerusting en sagteware wat nodig is vir nuwe moderne voertuie. Diens- en herstelwerk moet daarom liefs deur goedgekeurde handelaars gedoen word om seker te maak alles is volgens die voorskrifte van die vervaardiger,” het hy gewaarsku.