Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.12.2009

Beperkte uitgawe van Merc se C63 binnekort hier



MERCEDES-Benz gaan ’n aantal C63 AMG-modelle met ’n spesiale pakket toebehore in Suidelike Afrika beskikbaar stel. Om meer oemf tot die alreeds giftige C63 toe te voeg, het die beperkte uitgawe 63-model groot 19-duim wiele en allooivellings en het kopers ook die keuse tussen drie verskillende kleure.

Binne is dit ook meer aanskoulik met sy swart ontwerpersleer vir armleunings op die middelste konsole, die bokant van die paneelbord en inlegstroke in die deure. Mercedes-Benz se mediakoppel- funksie wat voorsiening maak vir die koppeling van mobiele klanktoestelle soos iPods en USB-apparaat, is beskikbaar as ’n standaardfunksie.

Wat toerusting betref, bevat die spesiale uitgawe van die C63 met die AMG bestuurderspakket onder meer ’n opgegradeerde remstelsel, verbeterde enjinverkoelingstelsel en ’n spoedbeperker wat intree wanneer 280 km/h oorskry word.

Die voertuig is toegerus met Mercedes-Benz se normaal geaspireerde 6.2 liter V8-enjin wat normaalweg in hul AMG-modelle gebruik word. Dit lewer 336 kW krag en wringkrag van 600 Nm en kan van 0 – 100 km/h in net 4.5 sekondes versnel. Dit kan joune wees as jy sowat N$930 000 het om te betaal.

-Wheels24