22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.12.2009

Waldschmidt herstel goed na operasie


Ingo Waldschmidt (middel) met die skild van waardering wat hy aan Republikein oorhandig het vir hul bystand en publisiteit voor, tydens en na sy suksesvolle deelname aan die internasionale Dakar-tydren. Die assistentredakteur: nuus, Jan Poolman (links) en die motorredakteur, Deon Eysele, het dit in ontvangs geneem.

INGO Waldschmidt, Namibië se eerste en enigste deelnemer wat al die moordende internasionale Dakar-tydren voltooi het, moes onlangs ’n groot operasie aan sy regterskouer ondergaan om ou beserings en ander probleme chirurgies te laat regstel. Sover lyk die mediese prosedure suksesvol en hy voel goed.

Hy beoog om reeds vroeg in Januarie weer te begin oefen met sy motorfiets en om gimnasiumwerk te doen ten einde fiks te word vir die Touareg-tydren wat in Maart 2010 in Marokko plaasvind. Die tydren sal hom geleentheid gee om ’n nuwe Italiaanse motorfiets wat hy gaan huur, op die proef te stel.

Terselfdertyd kan hy die 3 000 kilometer roete van die tydren ervaar wat oor groot gedeeltes strek waar die oorspronklike Dakar-tydren in Afrika gery is. Ingo het vroeër die week ’n draai by die redaksiekantore van Republikein kom maak om sy waardering uit te spreek oor die koerantgroep se voortdurende steun en publisiteit vir sy dapper poging tydens die Dakar-tydren en ook daarna.

Nie net het hy Namibië se naam hoog gehou met sy prestasie tydens die tydren nie, maar hy het ook as ’n voorste ambassadeur Namibië as ’n toeristebestemming onder die aandag gebring.