22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.12.2009

Ford Focus op werkverrigting en hantering



DIE uiters gewilde Ford Focus RS vir 2009 wat op die oomblik net in Europa in die algemene handel beskikbaar gaan wees, is verlede week in Windhoek in die vertoonlokaal van die Ford Motor Maatskappy opgemerk. Die voertuig is deur Walvisbaai vir een van die maatskappy se direkteure in die Kaap, mnr. Jürgen zu Bentheim, ingevoer.

Een van Motortydskrif se lesers het geskakel om ons van die voertuig te vertel. Die 2009-model Focus RS is die vinnigste, hoë volume produksievoertuie wat Ford nóg in Europa gebou het. Dit versnel van 0 – 100 km/h onder ses sekondes en het ’n topsnelheid van meer as 260 km/h.

Ongeag die tipiese kenmerke van ’n sportmotor, bly dit ’n baie lekker rybare voertuig vir alledaagse gebruik. Die 2.5 liter vyfsilinderenjin skop ’n maksimum kraglewering van 277perdekrag (225 kW) uit met ’n wrinkragkurwe van 440 Nm.

’n Turbo-aanjaer is ook deels verantwoordelik vir die goeie werkverrigtingsyfers. Die beperkte gly-ewenaar, dubbel koppelaaraksie en opeenvolgende ratskakeling help dat versnelling en hantering van die voertuig so glad moontlik is.