22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.12.2009

Finaliste vir SA Motor van die Jaar


Suzuki Alto 1.0 GLS

TALLE verrassings het na vore getree met die aanwys van die agt voertuie wat deur motorjoernaliste as finaliste vir die Motor van die Jaar-kompetisie in Suid-Afrika aangewys is.

Audi Q5 2.0 T S-Tronic
Terwyl almal bewus is van besparing en goeie brandstofverbruik, het dieselenjins tussen 2001 tot 2004 in die kompetisie oorheers en vir vier jaar na mekaar die gesogte titel verower.

Chevrolet Cruze 1.8 LS
Nou is die neiging weer kleiner en meer kompakte voertuie wat die botoon voer, veral die wat met die nuutste tegnologie en kleiner, maar beslis ook sterker petrolenjins en goeie padgedrag, na vore kom.

Hyundai i20 1.6 GLS
Gehalte is ’n kerngedagte wat in ag geneem word, dis waarom dit verblydend is om te sien dat Koreaanse vervaardigers wat al die afgelope paar jaar uitstekende voertuie bou, ook met ’n model onder die agt finaliste beloon word.

Volkswagen Golf VI 1.4 TSI Comfortline
Die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste wat die finale beoordeling in Februarie gaan doen, bestaan uit ervare motorskrywers met bewese kennis van die motormark.

Toyota Prius 1.8 ECVT Advanced
Die agt voertuie wat gekies is, is: Alfa Romeo MiTo 1.4i, Audi Q5 2.0 T S-Tronic, Chevrolet Cruze 1.8 LS, Hyundai i20 1.6 GLS, Suzuki Alto 1.0 GLS, Toyota Prius 1.8 ECVT Advanced, Volkswagen Golf VI 1.4 TSI Comfortline en Volvo XC60 3.0T Geartronic.

Alfa Romeo MiTo 1.4i
Die finaliste word met ’n vasgestelde aantal maatstawwe vergelyk wat hul plek in hul segment erken. By die toetssessie wat oor twee dae strek, word die finaliste deeglik beproef en word ’n antwoordboek oor elke finalis ingevul.

Volvo XC60 3.0T Geartronic
By elke afdeling van die beoordeling word verskillende gewigte of waardes toegeken waarvolgens die 30 jurielede van die Gilde vir Motorskywers punte toeken aan die verskillende voertuie wat hulle toets.

Daar kan dus nie met die eerste oogopslag gesê word wie die wenner is nie. Die antwoordboeke word deur onafhanklike ouditeure geoudit en die wenner word in Maart op ’n banket aangekondig. Volgens die gilde moet die Suid- Afrikaanse motor van die jaar slegs aan een definisie voldoen: dit moet motoruitnemendheid verteenwoordig.