22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.12.2009

Fierce is RAV4 se nuutste toevoeging



TOYOTA het ’n nuwe beperkte weergawe van die gewilde RAV4 4x4 2.0 liter kompakte sportnutsvoeruig bekendgestel wat as die Fierce bekend sal staan. Die voertuig beskik oor ’n paar estetiese bykomstighede binne en buite, wat onder meer ’n stel matte insluit wat spesiaal vir die Fierce geborduur is.

Buite word die voertuig se modderskerms omlyn met spesiale swart stroke, dit beskik oor ’n pikante bosbreker wat uit swart poliuretaan vervaardig is en ’n stylvolle Fierce-handelsmerk wat op die noodwielkleed aangebring is. Die voertuig is beskikbaar in net twee kleure: metaalsilwer of superwit. Binne is albei die modelle donkergrys. Handelaars sal net beperkte getalle van die voertuie kry en dit sal in die omgewing van N$310 000 kos.