Waters of the Efundja – 2008


Waters of the Efundja – 2008 is die nuutste DVD in die stal. Deur op sy suksesverhaal van 2006 se projekte te bou én op aanvraag van lesers, het Republikein sonder aarseling met die jongste projek begin.

Dié DVD vertel hoe die Cuvelai-vloedstelsel werk, waar die massas water vandaan gekom het en hoe dit die inwoners van die sentrale noordelike streke beïnvloed het. Benewens die bykans 200 foto’s oor die efundja, bevat die DVD ook lesersfoto’s van ander reëngebeurtenisse in die land. Dié DVD is eenmalig en ‘n beperkte hoeveelheid is beskikbaar.