17.03.2008
Water-ellende van mense by Engela, Ohangwena
DIE Engela distrikshospitaal is ‘n eiland omring deur ‘n watermassa en die Onhangwa-kliniek sowat 5 km daarvandaan met sy tydelike tenthospitaal vir cholera-pasiënte kan enige dag ook van die buitewêreld afgesny word.
Dié twee gesondheidsinstellings is geleë in die hartjie van die gebied buite Oshikango waar cholera verlede week uitgebreek het.
Hoewel dit onmoontlik is om oor afstand tot ‘n ware besef te kom van die ontwrigtende uitwerking van die vloedwaters op die mense in die verre noorde van Namibië se lewens, probeer Republikein hiermee sy lesers ‘n kykie gee van wat dr. Richard Kamwi, Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, Woensdag gesien het toe hy die gebied per helikopter besoek het.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.