Spesiale pryse vir DVD’s
DIT is hier!
Die lank verwagte Waters of the Efundja waarop lesers die afgelope maande angstig wag, is tuis.
Spesiale pakette en tariewe word aangebied vir ál die DVD’s in die Republikein-stal.
Die eerste 140 Waters of the Efundja wat verkoop word, kry die 2006 Reënseisoen-DVD gratis by teen net N$135. Dié aanbieding is eenmalig en sal nie weer herhaal word nie.
Die Waters of the Efundja se prys alleen is N$135.
Kopers wat vanjaar se reënseisoen met dié van 2006 verder wil vergelyk, kan die Februarie-DVD én Waters of the Efundja teen N$150 aankoop.
Nóg ‘n winskopie, is die kombinasie van die Waters of the Efundja en Etosha – 100 Years. Dié twee saam kos N$200. Die Etosha-dokumentêr op sy eie sal N$100 tydens die Expo kos.
Nóg ‘n bonus is die kombinasie van Etosha – 100 Years en die Lesersfoto’s 2006-DVD. Dié twee kos saam N$130. Alleen, sal die Lesersfoto’s 2006-DVD N$40 kos. Dié prys is ook geldig vir die Februarie-DVD.
Dán is daar nog die Twyfelfontein DVD wat N$150 beloop. Dié dokumentêr is vervaardig ter viering van die nuwe status van dié bekende landmerk in die land, te wete Wêrelderfenisterrein.
Lesers wat al die Republikein-DVD’s saam wil koop, is ook geregtig op ‘n pakketafslag. Koop die Waters of the Efundja, Etosha – 100 Years, Februarie 2006 en Lesersfoto’s sáám vir net N$280.
Vir bestellings en navrae, skakel Luzell October of Thusnelda Gamibes by 297 2022 of stuur ‘n epos na luzell@republikein.com.na.
|