Namibia Rainy Season - 2006


Benewens die goeie reënseisoen wat Namibië vanjaar ervaar het, was 2006 s’n sonder weerga. Namibiërs was só oorstelp met die reën wat sommer al in Januarie 2006 begin val het en Republikein het verskeie fotokompetisies aangebied waarin lesers hul reënervarings kon deel.

Van Januarie tot diep in April is meer as 6 000 foto’s ontvang. Die meeste van dié foto’s is saamgevat op drie verskillende DVD’s. Hiervan is ‘n beperkte aantal nog beskikbaar en skougangers kan van die laaste kopieë van die Februarie-uitgawe én die Namibia Rainy Season 2006 koop.