Lesersfoto's - 2006


In 2006 is nóg ‘n fotokompetisie aangebied. Dié keer is uitsonderlike en lekker kykfoto’s van lesers gevra om uit te beeld wat presies dit is wat Namibië spesiaal maak.

Drieduisend foto’s later was dit onomwonde dat dié vraag tergend onbeantwoord sal bly en Republikein het besluit om nóg ‘n DVD te vervaardig met ‘n keur van die beste foto’s.