7.10.2008
© Marilize van Schalkwyk
Dié beseerde rob is Sondag deur me. Marilize van Schalkwyk van Windhoek tussen Langstrand en Swakopmund gesien. Sy sê dat sy probeer het om die beseerde dier te help, maar kon nie naby kom nie aangesien hy te aggressief was. Dit lyk asof die rob in ‘n strik of iets soortgelyks beland het wat sy skof erg beseer het.