Etosha – 100 years DVD


Etosha – 100 years is verlede jaar bekendgestel en vervaardig ter viering van die Etosha Nasionale Park se 100ste bestaansjaar. Intensiewe navorsing is vir die projek gedoen en daar is selfs in die geheue van ou bekende bewaarders soos Stoffel Rocher en Peter Stark gaan krap. Dié DVD is 43 minute lank en neem jou op ‘n virtuele reis van Namutoni af, deur die geskiedenis tot by Okaukeujo. Dié DVD het verlede jaar tydens die Wild Cinema die Kykerskeuse-toekenning ingepalm en spog met allermooi natuurtonele én argiefmateriaal wat in die jare 50 geskiet is. Kykers kan kies tussen drie klankbane, te wete Afrikaans, Engels en Duits.