3.04.2008

Efundja het ook 'n blink kant

Ofskoon die efundja, of seisoenale vloed uit Angola, vanjaar die ergste in meer as vyftig jaar is en groot skade aan infrastruktuur en landerye aangerig het, het dit ook ‘n ander, positiewe kant. Dít is die oorvloed aan vis in al wat stroom en oshona in die Cuvelai-dreineringstelsel is. Republikein se uitvoerende voorsitter, me. Chrisna Greeff, het die gebied vroeër vandeesweek besoek en met dié beeldmateriaal teruggekom. Vir nog foto’s oor hoe dit in die vloedgeteisterde dele lyk, maak ‘n elektroniese draai op Republikein se webwerf, www.republikein.com.na