Danksy duisende lesersfoto’s en bydrae wat aan die begin van die jaar ontvang is, was Republikein in staat om ’n volledige rekord van die laaste reënseisoen op te stel.
Waters of Namibia – 2009 is ’n viering van natuurlike oorvloed, die land van kontraste en die mense van die land se gees.
Weerprofete en meteoroloë het verlede jaar gesê Namibië gaan in die 2009-seisoen baie reën kry, maar ná ’n paar droë maande en reënbuie net hier en daar, was die nasie maar skepties. Selfs toe die eerste druppels in volle mag in die middel van Januarie begin val, sou niemand voorspel het dat vanjaar nóg ’n jaar van reënrekords sal wees nie.
Getrou in hul tradisie het lesers die kameras uitgehaal en daar waar hulle gegaan het en ’n stroompie water sien loop het, ’n foto geneem. Dit het gesorg vir ’n varia van foto’s om nie net die mooiheid van die land in sy reënkleed vas te vang nie, maar ook al die fasette van ’n bo-gemiddelde reënseisoen vas te lê.
In die sentrale noordelike streke was vloede net so erg as verlede jaar en die Caprivi-streek het vanjaar een van die ergste vloede van die Zambezi-rivier nóg beleef. Dit is nie net in die Noorde waar dié vloede aangeteken is nie, maar ook in die res van die land.
Oral in die land, met die uitsondering van die verre suide, het vanjaar bo-gemiddelde reën ontvang.
Hierdie rekord word saamgevat op Waters of Namibia – 2009. Die DVD bevat nagenoeg 600 lesersfoto’s en inligting oor die reënseisoen. Dit is ’n samevatting van rivier tot rivier en horison tot horison.
Lesers word geneem op ’n reis deur die vloedgebiede in die noorde na riviere van vreugde, maar ook die probleme wat met die reëns gepaard gegaan het.
Die DVD is beskikbaar by Republikein se kantore. Skakel 061 297 2022 vir verdere inligting en bestellings of stuur ‘n epos na luzell@republikein.com.na.
Hierdie is 'n kort uittreksel van die DVD, Waters of Namibia 2009. Klik op die speelknoppie vir 'n voorsmakie.
Hierdie is 'n keur van die honderde foto's wat op die DVD te siene is
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.