1.10.2010 Walvis speel by Walvisbaai
Herman Theron sê hy was Donderdag op pad van Walvisbaai na Langstrand toe hy hierdie walvis by Dolfynstrand naby die kus gewaar het. "Mense wat met skibote dieper die see ingaan, sien van tyd tot tyd walvisse, maar hierdie een was rêrig naby aan die strand. Ek was gelukkig om ’n kamera by my te hê en kan steeds nie my geluk glo nie. Ek is op Walvisbaai gebore, maar kon nog al die jare nie verstaan hoekom die dorp so genoem word nie omdat ek nog nooit 'n walvis van die strand af gesien het nie. Vir my is Walvisbaai voortaan weer Walvisbaai!" skryf Herman in sy e-pos.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|