
Die Ou Honne-motorfietsryers het die naweek by Streicher en Hella Coetzee op hul plaas naby Hochfeld gaan kuier. Sondag op pad terug op die pad D2166 suid van Hochfeld, het dit al vallende gegaan ná swaar reën Saterdagnag. Die Ou Hond, dr. Paul Verburg, het hierdie aksiefoto van Ou Hond Werner van der Merwe geneem toe die water en modder hom baasgeraak het. Niemand het met die vallery seergekry nie, aangesien hulle teen ‘n baie stadige spoed gery het.