
“Vreet sand,” noem Caroline Viviers die aksiefoto wat sy by Hentiesbaai se raakrugbytoernooi geneem het. Die seun op die foto is Hendrik Barkhuizen van die Auto Engineering-span van Otjiwarongo.

Cyril Lowe (tweede van links) saam met swaers Koos Visser, Carl Fest en seuns op pad met hul eie super hengelspan na Terracebaai.

“Ons was vanaf 2 tot 5 Desember op die MSC Sinfonia-passasierskip vanaf Durban tot by die Portugese eilande naby Mosambiek,” skryf Natasha Malander. “Dit was fantasties.”

“Ek en my seun Shandor (12) het op 13 Desember ’n katamarantoer saam met Sun Sail gedoen,” skryf Brigitte Buchner-Lassen. Op die foto het Shandor die rob Wendy aan haar poot beet.