22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.07.2010

Stuur foto's en nuus na Republikein


Meneer Hennie Viljoen van Okahandja ry gereeld die pad tussen Windhoek en Okahandja en sien soos soveel ander motoriste wat die pad gereeld gebruik, dié man op die foto met sy winkeltrollie wat maar altyd op pad is.

Sy nuuskierigheid het eendag die oorhand gekry en hy het by die man gestop om by hom uit te vind wie hy is en waarom hy voordurend op pad is. Hier is sy storie. Sy naam is Elias Siruka.

Hy is op 2 Februarie 1965 in die Kavango gebore. Hy het ‘n dispuut met ‘n baie bekende handelsbank waar hy geld vandaan moet kry en die Meester van die Hof wat aan hom sekere skrifte moet uitreik.

Hy sê hy sukkel al van 1996 af om die saak op te los, maar dit is nie waaroor ek wil skryf nie. Wat my getref het is hy en sy trollie, en as jy met hom gesêls, kom jy agter dat hy nie van sy trollie af is nie.

“Hoekom stoot jy die trollie, Elias?, het ek gevra.

“Meneer, hier is nie werk nie. Ek moet geld kry om te lewe. Ek kan nie steel en ander mense se goed vat nie, nou loop ek van Windhoek na Okahandja en tel ysters en blikke en bottels op wat ek weer verkoop.”

“Hoe lank loop jy al so Elias?” wou ek weet.

“As ek vroeg begin loop uit Windhoek, dan slaap ek naby die pompstasie, net so in die veld meneer, ek kan nie baie goed saamvat nie, dan het ek nie pakplek vir die goete wat ek optel nie. Ander dag ek slaap naby Osona meneer, ek staan vroeg op en draai by Okahandja om en begin weer terug kom met Windhoek se pad.”

“En wat eet jy Elias?” wil ek weet.

“Nee, ek eet as ek weggaan by Windhoek, en vat bietjie kos saam, en ek eet as ek by Okahandja draai en ek weer terugkom.

“In Windhoek ek verkoop hierdie goete.”

Ek kyk en sien sy 10-liter water in twee plastiekbottels op die trollie.

“En maak jy geld Elias?” vra ek nuuskiering.

“Ja meneer! As ek ‘n mooi trippie gemaak het, ek kry N$86!”

Selfs in van die koudste dae en nagte van die winter hou dit hom nie van sy dagtaak af nie. Wie van ons het die durf en deursettingsvermoë van Elias?

Ons in ons mooi huise en blink motors en vol mae en geld in die bank, wie van ons sal ongeveer 150 kilometer te voet aflê om N$86 te verdien?

Ek het onwillekeurig baie verleë en skaam begin voel toe ek sien in watter omstandighede ander mense hulle lewe moet maak.

Liewe leser, as u hom teëkom op u reis na die noorde of weste of waar ook al en u padkos is dalk te veel of u beursie het dalk ‘n N$10 te veel in, beloon hierdie man wat sê dat hy nie van steel en misdaad wil leef nie. Hy is bereid om eerlik te probeer verdien sonder om ander te benadeel.

Dié kop met sy vier horings is afgeneem by Brukaros Meat Processors.

Hoewel die foto glo in Desember al geneem is, het die nou eers sy weg na Republikein gevind. Lesers kan hul foto's oor vreemde dinge en goeie stories na Republikein stuur per e-pos, SMS of dit selfs by ons kantore in Windhoek, op Swakopmund of in Oshakati aflewer.

Lesers kan hul bydraes merk vir die koerant in die groep waar hulle hul nuus of foto's gepubliseer wil hê. In gevalle waar spasie beperk is, word foto's op ons webwerf gepubliseer.


Sokkerpret by Cash Converters... Die personeel van Cash Converters in Windhoek moes tyd maak om die Sokker Wêreldbeker ook te geniet.

Dit is hoe dit hoort. Republikein en sy susterskoerant, Namibian Sun, het reeds hope foto's van sokkerondersteuners ontvang wat die oomblik van Afrika-glorie saam met die res van die wêreld geniet.

Stuur u foto's of kort nuusberigte per SMS na 081 128 0489 of vonkpos na lesers@republikein.com.na.