3.08.2010 SMS-lyn gewild vir briewe en foto's
LESERS gebruik ook selfone om hul gevoelens oor sake van die dag te lug. Die voorval verlede week toe Magdalena Stoffels in Khomasdal verkrag en vermoor is, is juis so ’n geleentheid waar elke moontlike kanaal aangewend is om misnoeë uit te spreek.
Republikein se nommer vir SMS-boodskappe was geen uitsondering nie. Stuur jou brief of foto per SMS na 081 128 0489.
Brief aan redakteur: “Goeie dag, ek is Colin. Die man wat Magdalena Stoffels vermoor het, word glo nou ondersoek omdat hy dan nie reg in sy kop is nie. Maar hy verkrag en vermoor. Hoeveel het hy nie al verkrag en vermoor nie? Só vir die veiligheid van Namibië en ons gemeenskap, laat hy 100 jaar tronk toe gaan en hy moet ’n rekkie om sy #$*^&% kry. Dankie.”
Brief per SMS aan redakteur: “As ’n leerling by D.B.H.S. se ma wil ek sê dat die persoon/e wat dit aan ’n onskuldige kind doen wie se lewe en toekoms nog voorgelê het en wreed kortgeknip is, moet aan die gemeenskap uitgelewer word. Veral aan D.B.H.S. se kinders. Laat hy stadig maar seker doodgemartel word, want ek weet wat daardie ouers vandag deurgaan. Die eerste oproep wat ek ontvang het, was dat dit my kind is wat vermoor is. Selfs haar skoolmaats was onder die indruk dat dit sy was. Om hom rotgif te gee, sal eintlik nie help nie wat ek dink ’n rot is beter as hy. Dit kom van ’n moeder wat vrees vir die ander moeders se kinders wat by D.B.H.S en in ander skole skoolgaan, want as ek dink wat het sy deurgemaak. Miskien het sy gesmeek vir haar lewe, of miskien terug baklei. Dalk het sy met God gepraat. Soveel het dan deur my gedagtes gegaan. Aan haar ouers, vriende, en D.B.H.S.: God sien julle trane…”
Aan die redakteur: “I am Essen Kuhanga from Grootfontein and I think what has been done to our little sister should be dealt with accordingly and government should change their policies through the Ministry of Justice and bring back the death penalty if our so-called justice system permits. Period!”
Nog een: “My innige simpatie aan Magdalena Stoffels se ouers. Ek kan nie glo dat daai ‘hond’ moordenaar nog so beskerm kan word nie. Ek dink die Namibiese wette moet verander word met die tipe gruwel moorde en verkragting. Daardie klas ‘siek’ mans moet aan die publiek uitgelewer word laat ons met sy gal kan werk. Hy verdien om in die veld aan ’n boom vasgemaak te word sodat diere hom stadig opvreet.
Anoniem, Windhoek. En van Grootfontein: “Ek is Eva. Ek wil laat die regering oor dit kyk. Hy gaan sit in die tronk, hy eet, hy bad, voel lekker daar binne. En hy het ’n jong meisie se lewe kort gemaak. Daai moordenaar se lewe moet ook kort gemaak word, want hoe kan hy iemand anders doodmaak maar hy wil lewe. Laat die familie van wyle MAGDALENA STOFFELS baie bid. Die pad is voor, kom ons gee alles in God. As hy nie dood gemaak word, dan moet sy lewe lank in die tronk wees. Dankie.”
|