9.07.2010 SA-internetleser se foto oor Namibië in internasionale bundel
‘n Namibiër wat in Suid-Afrika woon, maar met hart en siel na sy tuisland terugverlang, se foto uit sy versameling van sy Desember-vakansie in Namibië is in ‘n internasionale publikasie opgeneem.
Die foto, getiteld White Quarts Namib Desert, is in Best of 2010 Photography gepubliseer.
Mnr. Eben Pieters sê in sy skrywe aan Republikein hy is ‘n oud-Namibiër uit Mariental se wêreld en is al sedert 1983 in die Kaap, hoewel my hart nog steeds in Namibie is.
“Ons land is ‘n fotoparadys en mens moet meer die kamera uithaal en wys hoe baie rykdom en natuurskoon in Namibië is. Ons trippie was van St. Helena Baai na Sylvia Hill saam met Coastway Tours.”
Kyk hieronder na nog foto’s van ‘n !nara-plant en ‘n stootskraper of wat daarvan oor is ná dit jare terug in die see gery is, Mercury-eiland, die skip wat in 1974 opgeblaas is en ‘n stuk ketting wat op die duine lê, wat deur ‘n ontploffing tot daar geskiet is.
Daar is ook ‘n foto van ‘n varswaterdrinkplek vir die gemsbokke, strandwolwe en jakkalse.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|