21.02.2010 Ruwe see in baai
Charmaine Vosloo by Mola-Mola op Walvisbaai het hierdie beeld van hoe deinings op die see in die baai voor die gewilde loodsplek vir plesierbote lyk, per MMS aan Republikein gestuur.
Sy sê die deinings was buitegewoon Saterdag, maar dit het nie ervare skippers en operateurs wat in die baaitjie net by die Jagklub op die hawedorp van stryk af gebring nie. Hulle bote het soos klokslag op plesierritte vertrek om die avontuursoekende toeriste tevrede te stel.
Charmaine sê ook die toerismegetalle neem toe en die besoekers is van oral afkomstig. ‘n Verblydende boodskap in tye waarin kommer oor die groeiende toerismebedryf van Namibia bestaan.
Stuur besondere nuus of foto’s per MMS na 081 128 0489 en ons plaas die goeies op Republikein se webtuiste of in die koerant.
|