
Met reënval regoor die land aan die afneem, is watervlakke van sekere riviere steeds besig om te styg. Die Zambezirivier het gister by die Katima Mulilo meetstasie op 3,88 m gestaan en die Visrivier het by die Ai-Ais meetstasie met 12 cm toegeneem sedert die vorige dag. Die meetstasie het ’n vlak van 0,34m aangeteken. Die foto van die Visrivier is deur Elsabe Burger op die plaas Cimarron tussen Kalkrand en Mariental geneem.