Videonuus


Sussa en die Spanjoel, deur Anri Rohmann

Videonuus


Lugramp op Hosea Kutako nageboots

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

28.12.2011

Nuwe vakansiefoto’s!

© Olga Groenewald

NAMIBIËRS hou die hele węreld vol vakansie, soos van hierdie nuwe uitspankiekies van ons lesers wys.
Olga Groenewald- hulle was by Devil’s Pool by die Victoria Valle in Zimbabwe waar sy afgeneem het hoe Vivian Groenewald en ‘n gids, Felix, saam voor die węreldbekende tonele in die water baljaar.

By die Boegoebergdam, 35 km suidwes van Groblershoop in Suid-Afrika, het Surina Jansen ‘n interessante foto van ‘n geitjie geneem wat ‘n gereelde besoeker teen die badkamervenster van hul blyplek was. “Maar so vinnig is hy weg met die geringste beweging,” skryf sy oor die gelukskoot.

Anni Calitz se bors swel breed oor klein Oscar Calitz (11) en kleinboet Michael (9) se prestasie langs die viswaters. “Oscar het vir pappa Dup en oom Basil gewys hoe dit gedoen word toe hy die grootste kabeljou (7kg) by Torrabaai uitgetrek het. En boetie Michael Calitz het ook sy eerste groot vis gevang.”

Coenie de Villiers het eweneens ‘n klomp pragfoto’s van hul vakansie by die see aangestuur en Johan Engelbrecht spog met ‘n meisiekind wat die spreekwoordelike stoute skoene aangetrek het.

HA Debertoli het tydens die borrelbadfees by Swakopmund se Tiger Reef Beach Bar op Gesinsdag onder meer vasgevang hoe Namibiese rapper Ees met Benett Bessinger blad skud.


Anita Maier van Omaruru se foto’s is almal in die Etosha Nasionale Park geneem.
Stuur jou vakansiekiekies na lesers@republikein.com.na.