
Een van Republikein se getroue lesers en iemand wat gereeld fotobydraes aanstuur, Jermanneke Havemann van Swakopmund, het die foto Sondag net noord van Wlotzkasbaken geneem. Die walvis het blykbaar nog geleef en met sy stert in die water geslaan, maar was weerloos in die vlak water waar dit gestrand het. Die gate wat op die dier se rug gesien word, is blykbaar die werk van haaie.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.