6.05.2011 Skraper en karavaan oor afgrond
DIT het ‘n herwinningspan oor die Werkersdag-langnaweek drie tot vier ure geneem om die padskraper en karavaan te herwin wat oor ‘n afgrond in die Khomashoogland gestort het. “Ons was Saterdagoggend 30 April op pad met ‘n naweekrit toe ons op die span van Tow In Specialist afkom waar hul wou begin om die skraper met sy karavaan te herwin wat ‘n week of wat tevore die pad byster geraak het,” skryf Hannelie Rossouw by haar foto’s. “Soos ons verstaan, het die skraper se enjin gevrek op ‘n draai, en wanneer die enjin vrek, is daar geen remme of druk nie. Die drywer het blykbaar probeer om die skraper weer aan te skakel, maar te vergeefs. Die man het uit die skraper gespring net voor dit by die afgrond af is. Met die terugkomslag Maandagoggend het merke op die pad gewys dat die herwinningspan redelik gesukkel het. Die pad het heelwat skade bygekry. Die operasie sou na beraming sowat drie tot vier ure geduur het.”
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|