
’n Ongeluk tussen twee bakkies Woensdag in Oshakati se besige King Mandume Ndemufayo-rylaan het ’n chaotiese verkeersopeenhoping veroorsaak. Een van die bakkies wat aan Oshana Security behoort, het na bewering agter in die ander bakkie vasgery. Die polisie was eers na tien minute op die toneel om die bestuurders se besonderhede te neem en die motors is later verwyder.