
Een van Republikein se lesers moes verlede week lank op Tsumeb wag dat dié man sy militêre voertuig wegtek wat by die Punyu Northern kroeg op die bussone geparkeer was weg te trek. “Ek moes daar mense optel en het omstanders versoek om die bestuurder te kry om die bakkie weg te trek. Na ’n paar minute het hy onvas op sy voete uitgekom, bietjie na die bakkie se deur gesoek, oopgesluit, ingeklim en weggery met twee passasiers agter onder die kappie,” skryf die leser.