8.06.2011 ‘n Jaar van weerfratse
IN ‘n buitegewone jaar waarin Namibië reeds deur nuwe vloed- en reënrekords gekasty en geseën is, is hierdie weerwonders nog nie verby nie. Die snerpende koue waarin die sentrale en suidelike dele van die land vasgevang is, het sneeu in hoogs ongewone dele van die land laat val.
Daan van der Merwe het die foto’s by die bekende Namibgrens-gasteplaas in die Spreetshoogtepas geneem.
“Dit het vanaf Grunau gesneeu,” skryf Joanola van Wyk van Lüderitz, “en by Asab het hulle sneeumanne gebou. Dis bitter koud hier by ons. Aus het ook sy deel gehad en orals ysreën dit in die suide.”
In Windhoek se Avis-woonbuurt het een leser, Gemma Pieters, vanoggend om 06:40 steeds ‘n bibberende minus 13 grade Celsius by haar huis gemeet.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|