22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.01.2011

Gruispaaie verspoel

© Jermanneke Havemann

Dele van die Khomas Hochland en die Namib het verlede week tot 140 mm reën ontvang en soos wat die waters afloop na riviere en damme, word die grond ook weggespoel.

Jermanneke Havemann het verlede week via die Bosuapas vanaf Windhoek na Swakopmund gekry en gevra dat lesers daarop bedag moet wees dat baie verspoelings op die pad voorkom. “Wanneer dit nie reën nie, het ’n mens nog ’n goeie kans om die verspoelde dele raak te sien, maar as dit eers reën, is dit maar ’n moeilike tog.”

Mnr. Chris Theron, paaiekenner, het aan Republikein gesê mense begin stuk-stuk rapporteer waar probleme bestaan en hy sal eers dié week ’n verslaggie kan saamstel. Intussen sê hy moet mense in hul pasoppens wees. “Die gruispaaie sou ’n bietjie pak gekry het,” is sy mening.
© Susan van der Merwe
Die Uspas (D1982) Saterdagoggend.