22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.10.2010

Sien iets hier en druk 'n knoppie daar...

Lesers deel hul foto's

© Ronelle Greeff
Die son sak ná 'n wonderlike dag.

© Ronelle Greeff
Ronelle Greeff en haar metgesel het onlangs 'n naweek by die White Lady Brandberg Lodge deurgebring.

"Ons het die dag in die Ugab-rivier afgery en seker so 60 km in die rivier af het ons op 'n trop olifante van ongeveer 20 grotes afgekom met drie kleintjies by. Hier (foto onder) is die groot olifantbul wat heel agter die trop was. Hy het ons probeer wegkeer en hom tussen die trop en ons geposisioneer."

Ronelle sê hulle het ook omstreeks 14:00 op Saterdag 12 September die foto geneem van toe Venus agter die maan inbeweeg het. "Ons was so opgewonde oor die olifante dat ons skoon vergeet van die maan en Venus. Ons het ongeveer ‘n halfuur en 1,6km ver agter die trop aangery voor ons ‘n sytak gekry het waar ons kon uitgaan.

"Ek het later dieselfde namiddag die sonsondergang vanaf ons kamer se voorstoep afgeneem, en Venus wat klaar agter die maan verby beweeg het. Venus en die maan het ek dan ook later so 19:30 die aand weer afgeneem foto langsaan."
© Ronelle Greeff