22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.11.2011

Nêrens behalwe in Etosha…

© Susi Strödike

DIS speeltyd in die Panne, wys hierdie uitsonderlike foto wat Susi Strödike in Etosha geneem het van twee leeuwelpies se pret langs die water. Soos Ewan van der Merwe se foto wys van haar kiekies nog duidelik die letsels van die onlangse reuseveldbrand in die park.

Geoffrey Madderson het sy ewe uitsonderlike foto van ‘n leeuwelpie by die Chudop-watergat in Etosha geneem en Mike Chart se puik kiekie wys twee babajakkalsies in dieselfde park.

“My kleinseun van 6, Stefan Weitz, is ‘n gebore fotograaf,“ skryf Hester van der Merwe. “As hy by is, kry ek bitter min kans om self ’n foto te neem, want hy neem die kamera behoorlik in beslag. Ons het ons kleinkinders onlangs Etosha toe geneem en hy het die meeste van hierdie foto’s geneem.

“Ons het elke dag baie olifante, leeus en renosters gesien. Ek moes twee keer per dag foto’s deurgaan en uitvee as die geheuekaart vol was. Hy zoom in en uit, draai die kamera vertikaal en weet goed wat beteken ‘memory full’ en ‘battery exhausted’.

“Die veldbrand was verwoestend gewees. Dit het duskant Halali begin brand tot by Kalkheuwel naby Namutoni. Die hoofpad tussen Okaukuejo en Halali is naby die grens van die pan en dit het orals tot by die hoofpad gebrand en sommige plekke selfs oor die pad verder aan. Die veld lyk regtig sleg verbrand.”