
Cronjé Loftie-Eaton was so gelukkig om komeet Lovejoy op te merk toe hy in die vroeë oggendure van 23 Desember op pad Kaap toe was. “Ek het dit opgemerk so om en by vieruur die oggend in die omgewing van Tses. Ek het sommer so van die motor se dak af ’n foto geneem, hoewel die lig al bietjie swak was daarvoor. Nietemin, hier is die Namibiese weergawe van die komeet,” skryf hy. Die komeet is op 27 November deur ’n amateur-sterrekundige in Australië ontdek en was oor die Kerstyd kort voor sonsopkoms in die Suidelike Halfrond sigbaar. Talle Namibiërs het Republikein laat weet hulle het die “ligstreep” gesien, maar nie geweet wat dit was nie.