Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.08.2010

Internetlesers verskaf kykgenot

© Tienie van Vreden
Die Chobe-rivier by Kasane.

'n Daaglikse Republikein-leser op die internet, me. Tienie van Vreden, het die briefie saam met haar foto's uit Botswana gestuur:

"Ons is op ‘n kontrak hier. My man is die bankbestuurder van Bank Gaborone (dieselfde as Bank Windhoek) hier in Francistown. Hier bly ongeveer 108 000 mense. Dit is baie rustig, baie vreedsaam en die natuur is fantasties. Ons was al ‘n paar keer in Kasane - dit is ongeveer 480 km vanaf Francistown. Vriende van ons se ma het ‘n lodge daar. Vanaf Kasane is dit 60 km na die Vic Falls toe. Dit is so mooi en alles is so groen.

"Ek lees elke dag die Republikein op internet. Mis dit vir geen geld in die wêreld nie. Ek mis so my land en sy mense en dit is hoe ek voel ek bly in kontak.