
Wildbesigtiging in die Etosha Nasionale Park kan te enige tyd die onverwagte oplewer – soos hierdie leeumannetjie wat besluit het om te paar in die middel van die teerpad sowat 10 km noord van die Andersson hek na die Okaukuejo ruskamp. Die mannetjie se eskapades het verkeer vir meer as 'n dag ontwrig omdat hy verset het om pad te gee.