21.12.2011 Hier kuier en daar loer
KLIK hier vir kiekies van ‘n wye verskeidenheid plekke waar van ons lesers onlangs gekuier het. Catherine Shipushu was by die Dooievlei, terwyl Jermanneke Havemann vir die eerste keer in vyf jaar weer by Charlottenfelder was – die keer met vier wiele.
Sy was ook onlangs in Damaraland en het foto’s by die versteende woud van Tsubes, naby Twyfelfontein, geneem.
Hanre Jacobs (14) het noord van Swakopmund afgeneem hoe seevoëls aan ‘n dooie rob aas.
Sonia van Jaarsveld se foto’s wys ‘n pelikaan in die woestyn en ‘n springbok op die strand – “wêrelde van mekaar,” skryf sy. Haar ander foto’s is van ‘n pelikaan in vlug by Myl 62 en Tietiesbaai.
Selna van der Merwe het die valkies afgeneem wat gereeld in hul straat in Academia, Windhoek opgemerk word. “Hulle sit baie keer op die lamppaal voor ons huis,” skryf sy. “Dit lyk of een se bekkie seergekry het, maar hy vang en eet nog steeds allerhande goed (muise, akkedisse).
“Die laaste paar dae is daar 2 valkies wat vir tot 2 ure in die voëltjiebad by ons huis bly sit. Soek seker lafenis teen die hitte!”
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|