
“Wees versigtig vir die poele water langs die pad,” skryf Uwe Rentel by hierdie foto van ’n Egiptiese kobra. “Ek het hierdie knapie Sondag op pad vanaf Erindi na Kalkfeld gesien. Was besig om homself te geniet, totdat meneer besef het hier is iemand wat hom dophou.”