31.10.2011 Deur Damaraland tot by die Kunenemond
LOER hier na Jermanneke Havemann se nuwe kiekies van ‘n besoek aan Damaraland en Willem Kotze se foto’s uit ‘n reis tot by die mond van die Kunenerivier.
“Ons het by Madisa kamp opgeslaan,” skryf Jermanneke oor die rotsformasies wat sy afgeneem het. “Dis pragtig. Dit lyk asof die klippe nog mooi hul ewewig hou.” Een formasie lyk vir haar soos ‘n pa en ma met ‘n kleintjie aan hul voete. Kyk of jy saamstem...
“Elke aand het die torre ons kom besoek,” vertel Jermanneke oor die nabykiekie van die insek. “Ek weet rêrig nie watter gogga dit is nie, maar daar het baie na ons lig gekom.” Miskien kan een van ons ander lesers help.
Oor die renosterspoor skryf sy dat hulle ongelukkig nie die bielie kon opspoor nie.
Kyk ook na ‘n mooi panorama van die Brandberg saamgestel uit vier verskillende foto’s en kiekies van ‘n stuk aarde langs die pad waaroor daar onlangs ‘n veldbrand gehardloop het.
Die jakkalse in Willem se foto’s noem hy Rommel, “The Desert Fox”, en mev. Rommel. By Palmwag is daar stilgehou vir 'n “visvangkompetisie” en die “desert fluffballs” lyk vir Willem na net die ding vir 'n mooimaaksessie…
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|