Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Namwi die seekoei sorg vir unieke foto's

© Norah Doll

Seekoeie aggressiewe diere? Aikôna, nie Namwi nie.

Norah Doll van Windhoek sê hulle het in Mei ’n interessante ervaring by die Namwi Camp naby Katima Mulilo gehad.

’n Seekoei wat vier jaar gelede sy ma verloor het, is nou al ’n ou bekende by die kamp. Sy sê terwyl hulle die aand begin het om hulself in te rig, het die seekoei uit die rivier gekom en begin wei.
© Norah Doll
“Ons het intussen begin met aandete en die vuurtjie was al lekker aan die gang, toe die outjie ewe rustig tussenin beweeg het. Hy het om die vuur geloop, ’n koeldrankblikkie omgegooi en die koeldrank gedrink.

“Toe skuur hy tussen die vuur en ’n vriend van my deur en gaan plof op die sement langs die vuur neer vir ’n warm slapie. Daar het seekoei seker vir ’n goeie halfuur en gelê en slaap. Toe het hy opgestaan, nog ’n bietjie gevreet en is hy terug in die water. Dit is sowaar iets wat ’n mens nie aldag sien nie.”

Die bestuur by die kamp het sommer die seekoei Namwi gedoop. Norah het die foto’s geneem.
© Norah Doll