
Niks ontglip die lense van Republikein se lesers nie en wanneer ‘n mens die Etosha Nasionale Park besoek, verwag jy om diere te sien. Maar ‘n luiperd in een van die bostoilette? Dit is inderdaad wat Jo-Anne Pote en haar man die afgelope naweek teëgekom het.
Sy skryf: “Ek en my man was die naweek by Namutoni in Etosha en het by ‘n toegekampte toilet in die reservaat stilgehou om van die geleentheid gebruik te maak. Groot was ons verrassing toe daar ‘n luiperd in die deur van die toilet lê!”
Jo-Anne sê die drade rondom die kampie was erg beskadig.
Lesers kan ook foto’s oor interessante voorvalle in die natuur na lesers@republikein.com.na stuur. Heg ‘n kort beskrywing aan.