Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

9.08.2010

Lesers praat uit hul harte

Lesers is steeds erg ontstel oor die wrede moord op Magdalena Stoffels wat die afgelope naweek in Windhoek begrawe is. Haar moeder se oproep op kalmte en vergifnis ten spyt. Die Stoffels-moord was egter nie vandeeweek die enigste wat die Namibiese gemeenskap geskud het nie.

Uit Grootfontein het DMH FutureMedia die volgende brief ontvang: “Ek is van Grootfontein. Hoekom is Grootfontein se moordenaar nie in die koerant gewys nie? En ons wil die naam hoor. Wie is hy? Of is hy onderjarig? Dankie ons wag die antwoord.”

Nog ‘n leser, wat die naam “’n Ma van Kinders” gebruik, skryf: “Wat gaan met die manne aan? Terwyl die land nog in skok en rou is oor die geval van Magdalena Stoffels en in so kort tydjie word Theresa Geigub (30) op Vrydag 30 Julie op Grootfontein verkrag en vermoor. Dankie vir die gebaar van die Windhoekers. Doen asseblief dieselfde as die reeksverkragter (naam voorsien) voorkom. “Grootfonteiners staan op teen die geweld teenoor weerlose vroue en kinders! “An injury to one is an injury to all.”

‘n Derde briefskrywer is heel emosioneel oor die laaste week se gebeure. “Dis so hartseerlik om ‘n dogtertjie so te verloor. Hoe sal ons die misdadiger in die hande kry? Al uitweg is dat ek die wet moet oortree en saam met hom die selle moet beland. Spesifiek Windhoek se tronk. Nie vir moord of verkragting nie en dan moet ek bid om saam met die man wat Stoffels gemoor het toegesluit te word. Dan is dit klaar met hom.”

Die laaste brief is tekenend van wat mev. Magrieta Ihuhua Donderdagaand gevra het mense nie moet doen nie. Dit is egter te wagte dat mense sterk oor ‘n wrede misdaad soos die moorde van die afgelope paar dae sal voel.

Laat weet gerus hoe u voel. Stuur u briewe na lesers@republikein.com.na of SMS kort briewe en foto’s na 081 128 0489.