Lesers is duidelik nie baie lus vir Windhoek se huurmotorbedryf nie.
Buitendien is die media in die jongste tyd besig om te berig oor hoe verkeersowerhede dreig om die situasie veel strenger te beheer, maar daar geen teken daarvan in die hoofstad se strate is nie.
Hier is foto’s van taxi’s wat in een geval verlate op ‘n straathoek gestaan het en nog ‘n foto van hoe gestop word om kliënte en hul bagasie op en af te laai.
Lesers kan hul foto’s na 081 128 0489 SMS of ‘n e-pos stuur na lesers@republikein.com.na.