1.09.2010 Lentedag hier
“Dis heerlike lente, die winter is verby,” lui die ou liedjie. Me. Inge Engelbrecht van Tsumeb het hierdie lesersfoto van haar kleindogter, Carla, ingestuur ná ‘n skoenlapper hom op haar neus tuisgemaak het.
Vir besoekers aan die Ongwediva Handelskou in die noorde van die land, mag dit dalk soos somer voel met die versengende hitte wat daar ondervind word, maar dit is inderdaad vandag die eerste dag van die lente.
Benewens vir lentedagvieringe vandag, word Sekretaressedag ook gevier. Sekretaresses word vandag met blomme en geskenke bederf en bloemiste landwyd staan gereed om blomme te rangskik en af te lewer.
|