Die kennisgewingbord (regs) by die ingang na Sesriem en Sossusvlei lees dat die hekke teen sonop oopmaak en weer teen sononder sluit.
Die son het egter lankal sy kop uitgesteek, dan is die hekke nog toe.
’n Leser van Republikein, wat as toergids in die land optree, mnr. Clifton van Wyk, het die foto geneem van ’n lang ry voertuie, toeroperateurs en busse wat voor die geslote hekke wag om die wêreldbekende Sossusvlei te besoek.