22.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.12.2011

© Ronelle Rademeyer

Politiek en Nasionale Nuus
Geen aandele vir Regering in Meatco

DIE voorgestelde bedryfstruktuur en regsraamwerk waarbinne Namibiese produsente saamstem die nuwe Meatco gestalte moet kry, maak nie voorsiening vir enige aandele aan die Regering nie. Die Regering sal wel vir die eerste vyf jaar deur middel van ’n vetoreg inspraak hê in spesiale besluite, ...   Lees meer

Hoofstories

© Republikein
Algemeen
Nog ’n trein ontspoor

SUIKER lê in die veld gestrooi en diesel loop in die sand uit nadat nóg ’n goederetrein gister 17 km wes van Otjiwarongo ontspoor het. Dit is die derde trein in minder as twee weke wat tussen Kalkfeld en dié noordedorp van die spoor loop en omslaan. Mnr.   Lees meer

© Marianne Pretorius
Algemeen
Hospitaal laat kind aan eie lot oor

’n SIEK meisie van sowat agt jaar oud het gister vanuit die Windhoek sentrale hospitaal met haar drup aan die arm oor die straat gestap om na die bohaai wat daar opgeskop is, te gaan kyk. Geen verpleegster, ouer of voog was te vinde nie en sy het oënskynlik vrylik uit die hospitaal geloop.   Lees meer

Nuus

Politiek en Nasionale Nuus
Wêreldklas lughawe beplan
© Yolanda Nel

DRINGENDE verbeteringe aan die twee lughawens in die Khomasstreek wat dit op wêreldstandaard sal bring, word beplan en kan die belastingbetaler sowat N$3,2 miljard uit die sak jaag.   Lees meer

Kompetisies
Hoë spoed, groot gevaar
© Republikein

HOË spoed hou nie net gevaar in vir insittendes in ’n voertuig nie, maar ook vir voetgangers. ’n Persoon wat raakgery word deur ’n voertuig wat 40 kilometer per uur ry, het ’n 25 persent kans om te sterf. Wanneer die spoed tot 60 kilometer per uur verhoog, ...   Lees meer

Algemeen
Bielie van ’n byvoegsel

PAK al môre se vakansiebyvoegsel in Republikein in een skaalbak en die naald registreer ’n massiewe 13,5 ton. Net die papier verteenwoordig vyftien van die drukkersrolle. Of meet die hoeveelheid papier op die rolle op die teerpad af. Dis 200 km, sê maar van Windhoek tot op Kalkrand.   Lees meer

Politiek en Nasionale Nuus
Nuwe onmin by Namdeb

HARDE werk om vrede tussen Namdeb en die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) te herstel, was gister opnuut in die weegskaal weens die werkgewer se beweerde verbreking van ’n ooreenkoms om alle kontrakwerkers wat al langer as een jaar en drie maande vir die myn werk, permanent aan te stel.   Lees meer

Misdaad
Seuns op heterdaad betrap
© Marianne Pretorius

“VAT my eerder net terug tronk toe sodat ek daardie rou pap kan eet. Hier is nie ‘pay’ nie.” Twee minderjarige seuns en een 18-jarige was gister glo besig om by ’n huis in Ooievaarstraat in te breek, toe een van die bure die polisie gebel het. Konstabel ...   Lees meer

Politiek en Nasionale Nuus
Brandstofprys styg dalk
© Republikein

NAMIBIESE verbruikers sal hulle na verwagting die feesseisoen moet regmaak vir ’n drastiese styging in brandstofpryse. “Ek dink so. Waarskynlik in die orde van 20c/liter. Dit is gegrond op die wisselkoers van sowat N$8,10 teen die Amerikaanse dollar en ’n olieprys van ongeveer US$110, ...   Lees meer

Kontreinuus
Vrou vat die leisels op Rehoboth

BARTHOLOMEUS (Pietertjie) Pieters, omstrede burgemeester van Rehoboth, is toe deur Swapo gepos en in die proses het die dorp vir die eerste keer ooit in die persoon van me. Eve Maasdorp ’n vroulike eerste burger gekry. Soos voorspel, sal eerw. Stefanus Tiboth, ...   Lees meer

Erongo
’n Stink storie op Myl 108
© Verskaf

DIE vakansieseisoen het aangebreek, maar tot gister was Myl 108 as kampeerterrein langs die noordkus nog nie gereed nie. Gister was die belofte steeds “môre”. Waarmee bedoel is dat alles vandag gaan regkom. Verkenners het Sondag op Myl 108-tonele afgekom waarvan hulle nie hou nie.   Lees meer

Politiek en Nasionale Nuus
Waterbewaring word prioriteit
© Nampa/Reuters

DIE US$46,6 miljoen wat teen Desember 2010 na Namibië en ander Afrikalande gekanaliseer is, is hopeloos te min om die aanpassing by klimaatverandering te bevorder. SADC (die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap) is een van die streke in die wêreld ...   Lees meer

Howe
Mufenda bly sit oor Vredendal-aanval
© Republikein

DIE Namibiese man wat in verband met ’n plaasaanval op ’n bejaarde egpaar op Vredendal aangekla is, het Dinsdag in die landdroshof sy borgaansoek teruggetrek. Die 24-jarige mnr. Immanuel Hamutenya Mufenda het Dinsdag op klagte van roof en huisbraak met ...   Lees meer

Politiek en Nasionale Nuus
Namibië stel voorbeeld in bewaringsgebiede
© Republikein

NAMIBIË is die Afrika-kampioen in regstellende aksie op die gebied van natuurlewe en die omgewing. “Namibië verteenwoordig op die gebied die beste storie wat ooit vertel is. Dit is ’n verhaal van mense se toewyding tot bewaring.” Die lof is Namibië toegeswaai ...   Lees meer

Algemeen
Groot uitbreidings kom in Academia

PLANNE om Academia verder uit te brei, moet nou aan die Namibiese Beplanningsadviesraad (NAMPAB) en die dorpsgebiederaad voorgelê word vir finale goedkeuring, nadat veranderinge aan die uitbreiding by die munisipaliteit aangebring is. Die perseel wat by ...   Lees meer

Algemeen
Openbare klagtes ter harte geneem
© Tammy KleinhansAcer Aspire 5750G Acer Aspire 5750G Acer Aspire 5750G

MET drie inisiatiewe wat die week deur die Paaie-owerheid (RA) bekendgestel is, sal rye vir leerling- en bestuurderslisensies by NaTis, een van die dae korter wees. Die inisiatiewe is ʼn SMS-diens, ʼn bestuurdershandleiding wat amptenare nou gaan gebruik om bestuurders te toets en ʼn ...   Lees meer

Algemeen
Polisiëring in voorstede opgeskerp

OM misdaad te bekamp, moet gemeenskappe self betrokke raak. Dit is waaroor gemeenskapspolisiëring gaan, soos wat tans in die ses kiesafdelings van die Wanaheda kiesafdeling met groot sukses beoefen word. Die kiesafdelings van Samora Machel, Moses Garoëb, ...   Lees meer

Algemeen
Drukkery beïndruk Eerste Minister
© Francois Poolman

DIE Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, het Maandag besoek gebring aan NewsPrint Namibia om homself eerstehands te vergewis van die werking van Namibië se voorste drukkery. Tydens die besoek is die Premier op ’n begeleide toer deur die drukkery geneem waar hy kon sien hoe die drukproses werk.   Lees meer

Kollig
KalahariKrismis kom na Swakop
© Verskaf

GEDURENDE vanjaar se feesseisoen kan vakansiegangers en inwoners van Swakopmund uitsien na verskeie teaterproduksies wat deur die Bank Windhoek Kunstefees en die Namib !Xagas-inisiatief aangebied word. Een van hierdie produksies is KalahariKrismis, geskryf deur professor Aldo Behrens, ...   Lees meer

Kommentaar
Ongeërgde Regering

DEUR die jare het Namibië se sportmanne en -vroue op verskillende gebiede hul staal gewys en groot eer vir die land verwerf. Die grootste presteerder op sportgebied wat steeds voortgaan om Namibië se naam hoog te hou as lid van die Internasionale Olimpiese Komitee, ...   Lees meer

SMS'e
SMS'e

Wel gedaan Namibië! Knap gedaan nasionale netbalspan met jul eerste wen in Singapoer. – Wiets Coetzee Gesondheidsdienste Hoe lank gaan dit vat voordat die staat besef wat aangaan in die Katuturahospitaal? Mens kom sieker daar uit. Die mense slaap ...   Lees meer

Ek sê maar net
Mag ons spore op aarde tog blywend wees
© Republikein

TIP- tip-tip hoor hy die reëndruppels so een-een op die sinkdak van sy huis val. Hy lê in sy bed en hoor hoe die reënbui nader draf oor die dakke van die huise in sy woonbuurt. Dan val die water uit die lug en hy kan nie meer die individuele druppels op die dak onderskei nie.   Lees meer

Die Mark
Klimaat: oplossings dalk eerder vanuit sakesektor

ONTWIKKELENDE lande sal vanaf 2015 nog N$500 miljard per jaar gereed moet hou om by klimaatsverandering aan te pas. Dit is buiten die N$10 triljoen wat in infrastruktuur en vervoer belê moet word. Soveel as 60% van die laasgenoemde bedrag sal vanuit die private sektor moet kom, ...   Lees meer

Die Mark
Repokoers steeds onveranderd
© Republikein

DIE Monetêre Beleidskomitee (MPC) van die Bank van Namibië (BoN) het gister vir die sesde agtereenvolgende keer besluit om die repokoers onveranderd op 6 persent te laat. Volgens die goewerneur van BoN, mnr. Ipumbu Shiimi, is die besluit om die uitleenkoers onveranderd te laat, ...   Lees meer

Die Mark
Standard Bank Namibia opens a branch in Opuwo

STANDARD Bank Namibia is proud to announce the opening of its Opuwo branch. The branch opened its doors to the public on 22 November, bringing the total number of branches in the country to 47. Speaking at the grand opening last Friday, Bethuel Tjirera ...   Lees meer

Die Mark
MTC first to bring iPhone 4S to Nam and Southern Africa
© Republikein

MTC takes pride in being the first to bring the upgraded iPhone4S version of the iPhone to Namibia and to Southern Africa. After reports that other operators will only start selling the iPhone 4S as from 16 December, MTC has officially become the first ...   Lees meer

Motors
Range Rover planning bigger Evoque

NOTHING succeeds like success, they say, and Land Rover is so impressed by the success of the Range Rover Evoque and the company’s continuing growth in these difficult times, that it is planning a bigger Evoque. A Grand Evoque, if you will. According to Autocar, ...   Lees meer

Sport
Rooi kaart help o.20’s uitskakel

HUL kanse in die Metropolitan Cosafa sokkertoernooi vir o.20’s is daarmee heen nadat die nasionale o.20-span van Namibië Dinsdagaand op dramatiese en ietwat omstrede wyse teen Angola die knie moes buig. Die Namibiërs kan hul koppe hoog hou, want hulle ...   Lees meer

Sport
NSV werk aan CAF-ommeswaai
© Republikein

DIE Namibiese Sokkervereniging (NSV) het sy appèlsaak na die hoogste gesag in wêreldsport, die Hof vir Arbitrasie in Sport (CAS), geneem waar die uitslag vir die grootste opskudding op die vasteland kan sorg. Dit is die eerste keer dat die Konfederasie van Afrika- ...   Lees meer

Sport
Sege teen SA wys die Gladiators kán

“OM ’n wenuitslag teen ’n span soos Suid-Afrika te behaal, met al die hulpbronne tot sy beskikking, wys dat ons vrouesokker ’n tree in die regte rigting gee,” het Jacqui Shipanga (foto), afrigter van die senior nasionale vrouesokkerspan, gesê. Haar span was Saterdag in die Sam Nujoma- ...   Lees meer